Ons skrywers

Besigtig alles

Articles by David C. McCasland

om Die naam te Dra

Hans Geiger, Marie Curie, Rudolf Diesel, Samuel Morse en Louis Braille het almal iets in gemeen. Hulle het almal iets ontwerp of ontdek wat nou hulle naam dra. Hulle name, tesaam met baie ander mense s’n, verskyn nou in Encyclopedia Britannica’s Greatest Inventions, ’n lys van “325 ontdekkings wat ’n besondere invloed op die menslike lewe gehad het.” Ons wat…

Paulus se hart

Volgens die Christelike oorlewering is die apostel Paulus in 67 n.C in Rome onthoof en daar begrawe. In 2009 het wetenskaplikes toetse gedoen op dit wat hulle as sy oorskot beskou het. Alhoewel die toetse op die beenfragmente bevestig dat dit uit die eerste of tweede eeu n.C dateer, kon ’n positiewe identifikasie nie gemaak word nie. Maar ongeag waar…

Almal wenners

Gedurende 2008 moes daar ’n kampioenskap sokkerwedstryd tussen twee Christenskole, Azusa Pacific University en Westmont College gespeel word. Drie dae tevore het ’n veldbrand deur die Westmont kampus getrek en verskeie akademiese geboue, huise en studentelokale vernietig. As gevolg daarvan was dit onmoontlik vir Westmont om die wedstryd op hulle veld aan te bied en die reëls het vereis dat…

Wat is nog seker?

Gedurende die wêreldwye finansiële krisis van 2008, het ’n weduwee ’n derde van haar inkomste verloor toe haar betroubare bank ineengestort het. Die Wall Street Journal het haar tranerige reaksie op die krisis aangehaal, omdat baie mense op soortgelyke wyse getref is: “’n Mens dink net. So iets kan mos nie gebeur nie? Wat is dan vandag nog seker?” Tragedies…

’n Held wat genees

Korporaal Desmond Doss was die eerste persoon wat ’n gewetensbeswaar teen deelname aan die oorlog gehad het, maar tog later die Eremedalje van die Amerikaanse Kongres, die hoogste denkbare militêre toekenning, ontvang het. As toegewyde Christen was hy oortuig dat hy nie die reg het om ander mense dood te maak nie. Nogtans wou hy sy land en volk dien…

moet nooit “nooit” Sê nie

Terwyl ek en’n vriend langs die pad gestap het, waar die Berlynse Muur eens gestaan het, het hy gesê: “Dis een van daardie ‘moet nooit sê nooit’ plekke in my lewe.” Hy verduidelik toe hoe hy gedurende die jare toe die muur die stad verdeel het, dikwels deur Checkpoint Charlie gegaan het, om lidmate van die kerk, wat onder moeilike…

om genees te word

John Steinbeck se novelle, The Grapes of Wrath waarvoor hy die Pulitzer toekenning verower het, begin met ’n toneel in die droogtegeteisterde Oklahoma gedurende die groot depressie. Die oeste op die lande was besig om te verdroog en stof het oral opgestyg. Die vroue het hulle mans angstig dopgehou om te sien of hulle die krisis sou kon hanteer. Toe…

Stilte en Vertroue

In een van Joe Morgenstern se weeklikse rubrieke in die Wall Street Journal, waarin hy oor rolprente verslag doen, verwys hy na die impak wat beroemde akteurs in intieme situasies het – situasies wanneer hulle hoegenaamd niks sê nie. “Filmsterre kan so min sê in kritieke situasies” skryf hy, “omdat hulle reeds ons respek in vorige tonele afgedwing het. Hulle…

’n Deursnee van die mensdom

Gedurende die jare 1920 tot 1930 het die fotograaf, August Sander, hom ten doel gestel om ’n deursnee van die Duitse samelewing uit te beeld. Deur die lens van sy kamera het hy fabriekswerkers en finansiers, akteurs en huisvroue, Nazi’s en Jode gesien. Alhoewel dit wat hy publiseer het slegs die mense rondom sy woonarea in Cologne uitgebeeld het, het…